Boodskappe

WEES WAAKSAAM

WEES WAAKSAAM

Ons Bergklim die Saterdagoggend van Kasteelberg was soos altyd baie wonderlik! Ons het vooraf gebid en was baie versigtig om tog nie waaghalsige kanse te waag nie. Elke klip is goed bekyk voordat daarop getrap is. Om op ‘n los klip te trap is gevaarlik. Jy kan val en baie seerkry. Deur die Here se genade het ons veilig geklim en het ek nooit gegly, gestruikel of geval nie.

AKSENTUEER OF VERKLEINEER

AKSENTUEER OF VERKLEINEER?

Waarom is ons as mense soms so geniepsig teenoor mekaar? Ons aksentueer tog so graag ander se foute terwyl ons ons eie foute probeer verberg. My ma het altyd gesê: “Elke mens dra sy pakkie foute agter sy rug, maar hy sien die ander een aan met sy foute voor die bors.”

VERSLAAF AAN HIERDIE EEN?

VERSLAAF AAN HIERDIE EEN?

Daar is vele vorme van verslawing. Volgens die “Google-kundiges” is daar nie ‘n getal verslawings te bereken nie, want daar is te veel om op te noem. Dis ‘n oneindige versameling … Hulle sê ons kan dit net in katagorieë plaas.

Ons weet dat sommige is verslaaf aan verdowingsmiddels – en daar is baie soorte. Ander aan ‘n meer aanvaarbare vorm vir die samelewing soos nikotien of alkohol. Sewe-en-dertig present van S.A. se bevolking is naweek alkoholiste. D.w.s hulle slaag daarin om deur die week nugter te bly, maar vanaf Vrydag kan hulle die “dors” nie meer uithou nie. Kan ‘n mens jouself indink dat amper die helfte van ons land se mense lê dronk oor ‘n naweek!

GEBIND DEUR TE KYK

GEBIND DEUR TE KYK

Op ‘n dag is my hulp ingeroep om ‘n persoon te gaan help wat manalleen op ‘n verafgeleë plaas probeer het om mense wat met satanisme deurmekaar was te bevry.

‘n Klompie vertrouelinge het vir my gebid terwyl ek die dag sou gaan. Al biddende het ek die pad gevolg na die afgeleë plaashuis diep in ‘n kom van berge agter Vanrhynsdorp. Soos gebruiklik in Pinkstergeledere, het ek “die bloed van Jesus” oor my gepleit as beskerming.

GEBED: HOE LANK MOET EK OOR DIESELFDE SAAK BID

HOE LANK MOET EK OOR DIESELFDE SAAK BID?

VRAAG

Ek wil baie graag 'n vraag vra; dit klink seker baie simpel.  Daar word gesê gee jou probleme oor aan God, maar mag ek dan weer vir Hom vra oor die probleem of moet ek dit dan by Hom los. Want ek probeer my bes en ek sê vir Hom hier is die probleem maar voor ek my kom kry, dan dink ek weer daar aan. Mag ek elke dag oor die probleem bid?

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (7)

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (7)

STAAN WEER OP

Tydens die Olimpiese Spele van 2012 in die 4x400m aflos vir mans, het een van ons atlete gestruikel en geval. Dit het gelyk asof dit vir ons span neusie verby was. Toe is daar later uitgevind dat dit ‘n ander span se skuld was en ons het weer ‘n kans gekry.

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (6)

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (6)

WAT JY INSIT

Waarom het Afrika soveel swakker gevaar as Europa? Die antwoord: Laasgenoemde belê soveel meer in hul atlete as Afrika. Die beginsel: Wat jy insit, gaan jy uitkry.

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (5)

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (5)

HOU BY DIE REËLS

Vra vir almal wat gediskwalifiseer is, hoe belangrik dit is om by die reëls te hou. Die wat opkikkers gebruik of op een of ander manier kul, word een of ander tyd uitgevang. Dink net aan die gevolge:

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (4)

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (4)

DIE MENSE OM JOU

Vra almal wat hulle persoonlike beste tye of afstande aangeteken het of rekords verbeter het in die pasafgelope Olimpiese Spele, hoe belangrik is die regte mense om jou.

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (3)

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (3)

 

MOENIE DAT TERUGSLAE IN DIE LEWE JOU TERUGHOU

Die naam Oscar Pistorius het wêreld bekend geword. Hy staan ook bekend as “the blade runner.” Hy is gebore sonder een van die twee beenpype tussen die knie en die enkel in beide bene. Op 11 maande is sy bene tussen sy knieë en sy enkels geamputeer. Dit moes vir sy ouers wat groot sport entoesiaste is, ‘n baie pynlike ervaring gewees het.

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (2)

JY HOEF NIE BAIE BETER TE WEES AS JOU OPPONENTE NIE

Net daardie breukdeel van ‘n sekonde vinniger en daardie millimeter verder of hoër en daardie atleet se naam pryk as die wenner. Met 0,05 sekondes vinniger as Michael Phelps het Chad le Clos die 200 meter vlinderslag gewen en ‘n goue medalje vir S.A. besorg.

LESSE UIT DIE OLIMPIESE SPELE (1)

Daar is vele lesse te leer uit die afgelope Olimpiese Spele van 2012:

GEE JOU BESTE TOT DIE EINDE

Michael Phelps die swem sensasie van die V.S.A., het die meeste medaljes by Olimpiese Spele deur die jare gewen in die swem afdeling – 19 in totaal. Hy het sedert 2 000 nooit verloor in die 200m vlinderslag vir mans nie. Maar hierdie keer het iets verrassends gebeur. Miskien was hy oorgerus en het sy hand nie vinnig genoeg die rant geraak nie. Ons Suid-Afrikaanse Chad le Clos se hand was 0,05 sekondes vinniger as die van Michael Phelps net omdat laasgenoemde ietsie verslap het.

Publish modules to the "offcanvs" position.