SIMSON (2)

SIMSON (2)

deur Roza Combrink

Maar die Filistyne hoor nie; dit maak hul net kwaad.
En nou word dit ‘n weerwraak saak.
Die Filistyne brand af en Simson slaan katswink.
Die Israeliete is moedeloos; hulle wil hom vasbind!
By Legi staan die Filistyne angstig en wag
op hulle kosbare (uiters gevaarlike) vrag.
Maar God se Gees word vaardig, die toue smelt
en die Filistyne soek onder mekaar vir ‘n dapper held.
Met ‘n eselskakebeen verslaan Simson ‘n hele duisend man,
en die Filistyne vlug so vinnig as hulle kan.
Die oorwinning is soet en God gee vrede.
En die volk is gelukkig want hulle het rede.
Maar genade! In Gasa sien hy ‘n ander mooi vrou,
en ‘n mens sou dink dat die eerste hom sou berou.
Die Gasiete omsingel hom, hul wil hom aanrand!
Maar hy ruk die stad se deurposte uit - van pure astrant.
Gedink die vyand sal opgee? Vergeet dit - hy lê en loer.
Bewerkstellig ‘n ontmoeting met ‘n duifie in Sorek wat koer.

"Ag, my kind, moet jy nou na Sorek afdraai?
Bly liewer tuis voor die hare waai!"
Maar Simson is verlief, vertrou haar met sy hart.
Dink nie een oomblik aan onbeskryflike smart.

Spoedig verander die gekoer in n hengse gekerm.
En Simson moet lieg om sy geheim te beskerm.
Sy hou aan met neul - sy wil die geheim ken.
Elf duisend sikkels silwer is baie geld - die juffrou wen!
Sy krag lê in sy hare, want God het so gesê.
Dis hoekom die sewe haarvlegsels nou op die vloer lê
Met sy haarvlegsels af, het Gods Gees hom verlaat
en Simson maai ongehoorsaamheids saad.
Verblind en geboeid word hy gelei en verneder.
Maar God is genadig  -   Sy Vaderhart verteder.
Die vyand drom saam, die stadion kreun.
Niemand bemerk hy's weer ‘n langhaarseun!
Sy arms is om die pilare; hy beur, hulle vou!
Sy vyand word verbrysel.
"Simson, die een's vir jou."