SIMSON (1)

SIMSON (1)

deur Roza Combrink

(Ek't mos nog altyd ‘n sagte plek gehad vir Simson. Kan nou nog nie sy verhaal lees sonder om te ween oor hom nie. Kan nie waag om dit vir iemand te lees nie!!! Maar ek het ‘n gedig geskryf oor hom.)

Die Engel van die Here sê aan Manoag se vrou;
"Jy gaan ‘n seun hê, dit sê ek jou nou.
My volk is verslae, hulle kan nie meer.
Ek soek iemand wat oor hulle kan regeer."
Sy vertel vir Manoag en hy skrik baie groot.
Van kind groot maak weet hul niks - hulle is in die nood.
"Ag Here, leer ons tog hoe om die kind groot te maak,
want ons het nog nooit voorheen swanger geraak."
Die Here sê; "Bly weg van die voggies en let op wat hy eet.
En van ‘n haarsalon moet julle liefs vergeet.
Sorg dat die kind in My weë bly -
want die langhaarseun moet My volk bevry."
Die seun word groot en begin langoog gooi.
Sien toe daar in Timna ‘n baie mooi nooi
Hy gaan kuier vir die dame, toe ‘n leeu uit die bos kom.
Hy gryp die dier, verskeur dit en sê; "Dit was nou dom!"

Toe hy vir sy troue na Timna terugkeer,
stap hy verby die karkas en sê; "What have we here?"
"Dertig stelle klere en hemde wil ek hê,
as julle nie vir my die antwoord betyds kan sê.
Spys uit die eter, soetigheid uit krag.
Julle't sewe dae om te antwoord - ek wag!"
Hulle dreig om sy skoonouers se huis af te brand
en dit vang die bruidjie effe onkant.
Sy kerm en kla; sy pers hom elke dag.
Hy gee haar toe die antwoord - en toe is dit nag!
Simson verloor die stryd; hy's ook sy vroutjie kwyt
en sy woede ontvlam in rekord tyd.
Driehonderd jakkalse aan mekaar vasgebind,
met ‘n fakkel in die middel -
laat hulle hol soos die wind.
Die verbrandste Filistyne sal die prys moet betaal
want hulle't nou verseker die verkeerde esel opgesaal.
Die graanlande, wingerde en olyfbome word roet
en Simson voel die wraak is soet.
(vervolg)